CRUX Studentebediening

CRUX Studentebediening 2013-03-09T22:54:11+00:00

Crux logo

CRUX is die studentebediening van die NG Kruiskerk/Moederkerk op Stellenbosch. Ons streef daarna om elkeen welkom te laat voel in God se familie deur verskillende ruimtes te skep waar studente kan tuiskom in hierdie unieke seisoen van hul lewe.

Ons visie is om saam as geloofsgemeenskap mekaar toe te rus vir die lewe.  Hier word ons toegerus om na buite te leef in verskeie aksies; om te volhard in geloof in eredienste en kleingroepe ten spyte van druk van die wêreld; en om diensbaar te wees in watookal ons hand vind om te doen.

“We are made for goodness. We are made for love. We are made for friendliness. We are made for togetherness. We are made for all of the beautiful things that you and I know. We are made to tell the world that there are no outsiders. All are welcome. We all belong to this family, this human family, God’s family.” – Desmond Tutu

Die crux van die saak is dat Crux ‘n ruimte bied vir elkeen om in ‘n lewende verhouding met die Here te staan.

(CRUX is ook ‘n amptelike geregistreerde vereniging by die Universiteit van Stellenbosch.)

 

Hoekom die naam CRUX?:

Dit is die Latyn vir kruis. Daarvan kan mens aflei:

  •     Kruis (wat aansluit by die Kruiskerk-Sentrum)
  •     Christus
  •     Die crux van die saak – wat kommunikeer dat ons die Evangelie radikaal wil neem, dit as die crux van ons lewens beskou en wil bly by die basiese waarhede van die evangelie en dit onwrikbaar leef; om sout en lig vir die wêreld te wees…
  •     Theologia Crucis – teologie van die kruis
  •     Crux is ook die benaming vir die sterrestelsel by ons bekend as die Suiderkruis – dit dui dan rigting aan en is soos ‘n kompas.

 

Crux Voorsitter:

Estian Mentz

Predikante verantwoordelik vir Crux Studentebediening:

Dr Richard van Wyk (Crux Bestuur)

Ds Irénée Heyns (Aksies & Kleingroepe)