Eerstejaarskamp 2018 #Ekis

Eerstejaarskamp 2018 #Ekis 2017-11-01T16:06:57+00:00

wanneer: 21-24 Januarie 2018
waar: Bergkroon (Wellington)
tema: #Ekis

Aanmeld en finale registrasie: By Kruiskerk (klik hier vir kaart) op Sondag 21 Januarie vanaf 10:00 gevolg deur ‘n informele erediens in Kruiskerk om 11:00 vir jou en jou ouers. Ons sal omstreeks 12:00 met busse na die terrein beweeg (Bergkroon, Wellington). Hierna word julle ingedeel volgens julle koshuise saam met ‘n senior wat reeds in jou koshuis/PSO is – hier vorm reeds ‘n mentorskap rol tussen die eerstejaar en die senior student. Verder vorm julle reeds ‘n groep saam as kleingroep – en ken jy reeds iemand as jy in die koshuis by Stellenbosch aankom.

Wat kan jy verwag?
Ons het gesamentlike sessies wat die predikante aanbied (soggens en saans) – hierdie is insiggewende sessies wat nie “Bybel lessies” is nie, maar eerder toerusting vir die studentelewe wat voorlê. Wat ook lekker is van die senior studente wat saamkamp is jy kan dan reeds al jou koshuis/PSO vrae vir hulle vra!  Hierdie is beslis ‘n geleentheid virjou om die eerste trappie te klim voor Matieland – as jy dan by Stellenbosch kom is jou kanse om in te skakel net soveel beter.  Verder is daar kleingroepsessies, watersport, praise & worship, FunRun, stiltetyd, skakelings, interessanthede oor hierdie nuwe fase van jou lewe en baie tyd om verhoudings te bou. Hope energie en oorgenoeg “chill tyd”!

Vertrektye en terugkomtye:
(1) Registrasie vir die kamp vind plaas op Sondag 21 Januarie 2018 om 10:00 by Kruiskerk in Ryneveldstraat, Stellenbosch (oorkant Wilgenhof manskoshuis). Parkering is beskikbaar by Admin B en die Eikestad Mall parkeerarea. [33°55’12’’S18°51’36’’E]

(2) Nadat die registrasie plaasgevind het, omstreeks 11:00, sal daar ’n informele verwelkomingsdiens (drag is informeel) gehou word vir alle eerstejaars en hulle ouers in die kerk. Die busse vertrek daarna van Kruiskerk na Bergkroon, omstreeks 12:00 .

(3) Indien u as ouers tydens die kamp wil kontak maak met ons sal u die selfoon kan skakel 0663297999 of jy kan die Kruiskerkkantoor skakel by 021 883 3458.

(4) Woensdag, 24 Januarie 2018: Die bus vir al die studente sal om 11:00 in Stellenbosch arriveer [S 33° 56′ 23.64′ E 18° 52′ 16.32′]

(5) Sondag 28 Januarie 2018 verwelkom Kruiskerk alle nuwelinge op Stellenbosch met die Eerstejaarsverwelkomingsdiens om 19h00.

Ander info:

□ Indien jy nodig het om bagasie te stoor, kontak ons gerus: kamp@kruiskerk.com

Kos? Ons eet verskriklik lekker, die menu is een wat ons weet werk! Ons voorsien ook aan spesiale eetgewoontes.
Mag net Universiteit Stellenbosch Studente kom kamp? Glad nie! Enige een wat in 2017 matriek aflê is meer as welkom om by ons in te skakel! Elsenburgers, ISA, Stellenbosch Academy, Boland Kollege, Elizabeth Galloway, Rugby Akademie, UNISA, Tygerberg Kampus en al die ander is net so welkom.
Ek is gestremd, kan ek kom kamp? Enige tyd welkom! Kontak ons vooraf en ons tref reëlings indien dit nodig is, maar jy is meer as welkom om hierdie ervaring mee te maak.

Paklys
□ Slaapsak
□ Kussing
□ Gemaklike klere (plus wit t-shirt wat kan vuil word)
□ Skoene
□ Swemklere
□ Handdoek
□ Sonroom
□ Toiletware
□ Chroniese medikasie
□ Bybel en pen
□ Lepel
□ Vurk
□ Mes
□ Bord
□ Koppie
□ Papbakkie

Vir navrae oor betalings, kontak asseblief vir Marianne by 021 8833458
As jy enige verdere vrae het, moenie huiwer om ons te kontak nie!
kamp@kruiskerk.com & 021 883 3458 of 0663297999