eerstejaarskamp2018

eerstejaarskamp2018 2017-11-01T16:08:34+00:00

Eerstejaarskamp 2018

R750.00

wanneer: 21-24 Januarie 2018
waar: Bergkroon (Wellington)
tema: #EkIs

Kruiskerk se Eerstejaarskamp is elke jaar ’n onvergeetlike ervaring. Die kamp is ook baie gewild en ons moet die getalle beperk tot 200 dames en 200 mans, want dit is die maksimum wat die kampterrein kan hanteer.

Ons werk op die basis dat diegene wat eerste betaal eerste plek sal kry. Om dus teleurstelling te voorkom wil ons jou aanmoedig om so gou moontlik te registreer, die instruksies per e-pos te volg en dan binne 48h te betaal.

NEEM KENNIS: Dit is nie nodig om vir ons ‘n bewys van betaling te stuur nie. Sodra ons jou betaling op die sisteem optel, sal ons vir jou ‘n tweede e-pos stuur om dit te bevestig. Dit kan tot 72h neem vir ons om dit op te tel, so wees asseblief geduldig indien jy nie onmiddelik die tweede e-pos ontvang nie :-).

Jy sal op jou inskrywingsvorm ’n verwysingsnommer kry wat jy asseblief in al jou korrespondensie met ons moet gebruik.

Kontak ons gerus as ons met iets sou kon help!
e-pos: kamp@kruiskerk.com
kantoorno: 021 883 3458 selno: 066 329 7999

Besoek en like ons Eerstejaarskamp Facebook bladsy vir vars nuus!

Indien jy nog inligting benodig oor wat die kamp behels voor jy wil registreer, klik hier