Kampe

Kampe 2013-02-28T19:53:23+00:00

In die gees van Stellenbosch begin NG Stellenbosch Moedergemeente/Kruiskerk ook op ’n jaarlikse sosiale hoogtepunt. Die oorspronklike eerstejaarskampe word weer gehou in Januarie (die Sondag voor die US begin) vir alle voornemende eerstejaarstudente aan die Universiteit van Stellenbosch, asook Elsenburg, ISA, Stellenbosch Acadamy, Elizabeth Gallaway, Boland Kollege en die Rugby-akademie van Stellenbosch.

Alle voornemende Maties word hartlik uitgenooi om deel te hê aan hierdie geleentheid om die eerstejaar van hulle studenteloopbaan in Stellenbosch te begin met pret, avontuur en ’n kans om nuwe mense te ontmoet.

Daar is baie pret deur ken-mekaar aktiwiteite, boeresport, slip ’n slide en ’n kultuuraand met onderskeie musiekgroepe. Daar is ook sprekers wat die eerstejaars moed inpraat, en vaardighede aanleer om te oorleef met al die versoekings van die studentelewe op Stellenbosch. Die kampe sal onthou word as ’n plek waar jare lange vriendskappe gesmee word.

Soos in die verlede, beloof volgende jaar se kampe om groot pret te wees!

Deur die loop van die jaar bied ons as portefeulje’n senior kamp aan wat hierdie jaar ‘n ongelooflike sukses is.

Crux-lede betrokke:

Loreza Mostert

Pieter Swart