Praat Saam

Praat Saam 2013-03-03T20:30:30+00:00

Boskerk innie Bos in

September 16, 2013 at 6:03pm

Dis nie hoe ek kerk onthou nie, merk een van my vriende op toe ons Sondagaand in Stellenbosch se NG Kruiskerk ons sit kry. Waar is die preekstoel? vra nog een. Is dit ‘n NG Kerk? vra iemand anders.  Dra hulle dan nie meer dasse en baadjies nie?

Wanneer laas was julle in ‘n NG Kerk vis ek uit. “Kan nie onthou nie. Jaaaare laas maar iewers op papier is ek nog ‘n lidmaat.”

Dit is die agnostikus Stef Bos wat ons hier laat beland het.  Die kerk stroom vol. Hier en daar is ‘n oom met ‘n Bybel in die hand maar ek vermoed daar is meer tollenaars as Skrifgeleerdes. Ons is immers in die Bos en het gekom om na Bos te luister. Sy gesprek oor God.

Stef Bos se musiek speel in die agtergrond terwyl ons wag vir die diens om te begin. Kort voor sewe stap ds Van der Merwe uit die konsistorie soos ‘n hedendaagse Jesus uit die woestyn na min of meer waar eens ‘n preekstoel eens was. Sonder das of toga gaan sit hy op iets wat soos ‘n kroegstoeltjie lyk agter ‘n mikrofoon. Regs van hom staan die vleuelklavier vir Stef en wag. Is dit steeds Stef wat ek oor die klankstelsel  in die agtergrond hoor sing of is dit die ooms van ouds wat in hulle grafte omdraai?

Naand vriende, groet dominee Van der Merwe. Die die broers en susters raak stil. Stef kom uit  die konsistorie en gaan sit agter die klavier. Hy neem ‘n slukkie water. Dit verander nie in wyn nie.

My selfoon vibreer. Wat kyk jy so agter jou rond? facebook ‘n doom in die gehoor my. Nog ‘n dominee laat van hom hoor met ‘n SMS. “Ek kyk vir jou”. Dié kerk het Wi fi maar hier vind g’n wonderwerke plaas nie. En tog wel.

Let the show begin, dink ek by myself terwyl ‘n tannie wat in die bank skuins voor ons  inskuif haar kop uit gewoonte eerbiedig voor die diens laat sak.

Stef se eerste song is Johannes Kerkorrel se Gee jou hart vir Hillbrow. Gee, gee, gee weergalm dit deur die kerk. Jou rande jou sente, jou drome vol gate.  Jou god vol gate….

“Ons sit in die son en drink wyn

Ons survive met ‘n helse lot pyn, in hierdie land, ja

Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef

Op die een wat kry wat hy vra, ja.”

Stef vertel van sy diep gelowige pa. Johan vra hom uit oor God. En Stef vra hóm uit. Hulle weet maar ewe min van God kom ek agter.  Hier vra ék die vrae skerts Johan.  Dit word ‘n markplein van gedagtes. Die dominee en die agnostikus deel ‘n “preekstoel” in ‘n NG kerk!

Johan vertel van ‘n e-pos wat hy vroeër die week van iemand gekry het. “Hoe kan jy ‘n ateïs nooi om in jou kerk te kom optree?”. Misverstand verduidelik Stef.  Wat sou Jesus doen wonder ek. Vir Stef Bos is militante ateïste en militante Christene maar baie dieselfde. Hy wat Stef is wéét nie en vir hom is dit OK.

 

Hy sing van die Hemel….

“En ik weet niet meer

Waar de hemel is

Ik weet niet waar ik heen ga na dit leven

Soms zie ik de hemel

In de ogen van een vrouw

Maar dat duurt meestal maar even

De hemel duurt maar even”

 

Later oor Witsand.

” En ik praat met de zee

En ik praat met de doden

En ik mis soms een god

Om in te geloven

Zoals ik toen ik klein was

Vlak voor het slapen

Wist dat er iemand

Over mij waakte

Nu sta ik hier ‘s nachts

Ik kijk naar de sterren

En weet niet goed meer

Wat ik moet zeggen

Ik voel me soms moe

Ik voel me soms leeg

Hoe langer ik leef

Hoe minder ik weet.”

 

Na die tyd gaan eet ek en my vriende ‘n pizza by die Jolly en bestel wyn. Daar is nog steeds mense soos Jesus sê my ongelowige vriend se vrou  terwyl die Jolly se kelnerin brood en wyn op die tafel bedien. Ons hou nagmaal.  Pizza is ook mos maar brood. Jááá swaer. Woordfees in die Bos met Bos is lekker.

NS: Dit klink vreeslik charismaties maar dit was nie. Allesbehalwe. Eerder gereformeerde blues.


Jean Oosthuizen

September 15

Ek was vanaand in die kerk. Ons het na Stef Bos in die Kruiskerk gaan luister. Saam met my in die kerkbanke was ʼn paar van my vriende. Gelowiges, ongelowiges en agnostici. Ek dink nie een van hulle het meer of minder gelowig daar uitgestap nie maar almal het die aand geniet en ryker daar uitgestap. Elkeen het iets gehad om saam te neem huis toe. Stef het die gehoor (of is dit gemeente) bekoor en een van my gunsteling dominees Johan van der Merwe het gewys hoe mens bruê kan bou tussen mense as jy wil. Na die tyd het ons ʼn pizza gaan eet by die Jolly, ‘n ietsie gedrink en oor die aand gesels. Die konsensus was Sondag in die Bos saam met Stef was die moeite werd. Een van die songs wat hy so tussen sy en Johan se gesels gesing het was Zondag In Soweto. Dankie Johan ek laaik jou kerk en dink nogal Jesus sou ook.

Zondag in Soweto

Ze bidden en
Ze dansen
Ze geven mij het woord
Ik zeg
Dit is de eerste keer
Dat ik in iets geloof
Ik geloof
En vraag niet wat
Maar ik geloof
In deze dag
Ik geloof
Vraag niet in wie
Maar ik geloof
Wat ik hier zie
Ik geloof in wat ik zie

Mijn huidskleur
Is het uniform
Van de oude orde
De vrijheid en gelijkheid
Zijn een wet geworden

Maar hier zie je nog
De sporen
Van de blinde haat
De tijden zijn
Veranderd
Voor sommigen te laat

Ik zie een oude vrouw
Ze bidt en ze beeft
Zij zegt dat zij
Iedereen vergeeft
Ik kan er met mijn hoofd niet bij
Zij vertelt hoe voor haar ogen
Een kind werd afgeschoten

En ik sta hier
En ik weet niet
Wat ik zeggen moet
Ik zie de rode aarde
Ik voel het zwarte bloed
De rode aarde
Het zwarte bloed
De rode aarde
Het zwarte bloed
De rode aarde
Het zwarte bloed

 


 

Pieter Kloppers

Johan. Ek was vanaand in die Steffenbos diens. Ek het die behoefte om uit daardie gedeeltes van my menswees wat nie met woorde wil werk nie dankie te sê. Dit voel my soos wanneer ń rivier ń diep stadige vloed beleef het. Die klippe op die bodem is omgerol en die rivier is ń meer gesonde toestand ingespoel. Met die grootste waardering. Dit was ń stuk betowering om dit in die Kruiskerk te kon beleef.

Vrede en vreugde Pieter


Veronica van Heerden ‏@veron8xxx16 Sep

@kruiskerkcom was ‘n ongelooflike spesiale diens saam met @StefBosOfficial wat my sommer n traan of 2 laat pik het van pure blydskap. Dankie


Evert Louw ‏@evertlouw15 Sep

“Gee, gee, gee…” dankie Stef Bos en @kruiskerkcom ,dit was goed! @jpleroux15 @dawfre @HettievdWalt @luangreef @Conbez


Dorfling Terblanche ‏@DorflingT15 Sep

Baie dankie vir ‘n besondere diens vanaand! @kruiskerkcom @StefBosOfficial @johanvdmerwe


Johan

Baie geluk en baie dankie vir gisteraand.

Dit was ‘n dapper projek wat onder andere heeltemal weg beweeg het van die gevestigde liturgie wat ‘n veilige ruimte vir predikante skep om in te beweeg.

Natuurlik was Stef Bos se musiek (soos altyd) ‘n genot en die humor heerlik. Ek sal die aand egter veral onthou vir die opregtheid en egtheid van jou getuienis en jou slot gebed.

Een van die belangrike uitkomste van die diens is die bydrae wat dit maak om twyfelaars en soekers tuis te laat voel in ons gemeente.  Dit bring ons gemeente nader aan God

Doe zo voort.

Gert


Naand Johan

 

Net vinning epos, om dankie te se vir wonderlike oopgesprek met Stef Bos vanaand.

Het jul eerlikheid en insluitendheid baie waardeer.

Baie mooi week vir jou

 

Groete

Elzette Vorster